Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SARLNUUS SONDAG 20 JANUARIE 2008

U luister na ZS6SRL die amptelike radiostasie van die Suid-Afrikaanse Radioliga, die nasionale vereniging vir amateurradio in Suid-Afrika, met 'n nuusbulletin wat elke Sondag om 08:15 SAT in Afrikaans en om 08:30 SAT in Engels uitgesaai word. Om na oudio via die web, of d.m.v. Echolink deur ZS6FCS te luister, besoek www.sarl.org.za, klik op ARMI en volg die koppelings soos aangedui.

Hierdie, en vorige bulletins, kan van www.sarl.org.za afgelaai word en u kan ook daar inteken om toekomstige bulletins per e-pos te ontvang.

U nuusleser vanoggend is George, ZS6NE,, vanuit Pretoria met herleidings op 28,325, 14,235, 10,130, 7,066 en 3,695 MHz ESB asook, 51,400, 438,825 en 1 297 MHz FM in die Pretoriagebied. (Ander nuuslesers verander soos toepaslik).

In die nuus vandag:

RADIOAMATEURS WORD AANGEMOEDIG OM BY ISO-STANDAARDE TE HOU

SLUIT BY DIE 2008 BACAR-SPAN AAN

NUWE KATEGORIE IN PEARS SE NASIONALE BHF/UHF-KOMPETISIE

U luister na ZS6SRL. Bly ingeskakel vir meer besonderhede oor hierdie en ander belangrike en interessante nuusitems.

RADIOAMATEURS WORD AANGEMOEDIG OM BY ISO-STANDAARDE TE HOU

In die węreld is daar baie tale maar baie begrippe is gemeenskaplik en alhoewel slegs ‘n klein persentasie van die węreldbevolking die taal van ‘n ander taalgroep kan praat, of selfs net verstaan, is dit van geweldige hulp indien ons dieselfde terme kan gebruik vir baie gemeenskaplike begrippe soos massa, afmetings, tyd, temperatuur, spanning, stroom ens. sodat daar geen misverstand ontstaan oor wat in ‘n ander taal gesę of geskryf word nie. Dit skakel ook die behoefte vir omrekeningsfaktore uit en verminder die moontlikheid vir foute.

ISO is die Internasionale Organisasie vir Standaardisasie. Dit is saamgestel uit die nasionale standaardinstitute van lande groot en klein, geďndustrialiseerd of ontwikkelend, uit alle streke van die węreld. Die ISO ontwikkel vrywillige tegniese standaarde wat waarde toevoeg tot alle tipes van besigheidsbedrywighede. Hulle help mee om die ontwikkeling, vervaardiging en voorsiening van produkte en dienste meer effektief, veiliger en duidelik te maak. Hulle maak ook handel tussen lande makliker en eerliker. ISO-standaarde dien ook om gebruikers, en klante in die algemeen, teen swak produkte te beskerm, asook om hulle lewens eenvoudiger te maak.

Wat is die SI?

SI staan vir “Systeme International d'Unites”, maw. die Internasionale Stelsel van Eenhede. Die letters SI word in alle lande gebruik om na hierdie stelsel te verwys. Die SI is op so ‘n manier saamgestel dat slegs een eenheid vir elke soort van hoeveelheid gebruik word. Die gevolg daarvan is dat die aantal eenhede minder is en dat die stelsel maklik is om aan te leer en te gebruik.

die gebruik van die SI in die RSA is met Goewermentskennisgewing No. 4 326, gepubliseer in die Staatskoerant van 5 Julie 1974, nou 34 jaar gelede, verpligtend gemaak. Daarin verskyn al die definisies en reëls wat ons nodig het om te ken.

Sluit vanoggend om 10:00 met Amateur Radio Mirror International aan by George Honiball, ZS6NE, om meer van SI te wete te kom. Sy volledige artikel sal in die lede-alleen gedeelte van die SARL se web geplaas word.

SLUIT BY DIE 2008 BACAR-SPAN AAN

SA AMSAT nooi alle belangstellende radioamateurs en kortgolfluisteraars om by die 2008 BACAR-span aan te sluit. Die eerste vergadering om ‘n BACAR-lansering te bespreek sal OP Saterdag 26 Januarie om 11:00 by die NARS gehou word.

BACAR is die akroniem vir “Balloon Carrying Amateur Radio”, ‘n aktiwiteit wat vir baie pret vir baie radioamateurs en hulle families gedurende die tagtigs en negentigs gesorg het. Besoek www.amsatsa.org.za vir meer inligting.

NUWE KATEGORIE IN PEARS SE NASIONALE BHF/UHF-KOMPETISIE

Vanjaar is ‘n nuwe kategorie tot PEARS se nasionale BHF/UHF-kompetisie, wat volgende naweek plaasvind, toegevoeg. Vir die eerste keer is daar ‘n beperkte kategorie in die kompetisie. Dit laat toe vir ‘n 4 uur aaneenlopende bedryf en is gemik op diegene wat nie aan die volle kompetisie kan deelneem nie.

PEARS rig ‘n spesiale versoek aan alle BHF-entoesiaste om in die kategorie van hulle keuse deel te neem en die bande aktief te hou. Volledige kompetisiereëls kan van die SARL se webtuiste of dié van PEARS nl. www.zs2pe.co.za, verkry word. Sien julle daar en voorspoed met die kompetisie.

FINALE UITSLAE VAN DIE PEARS HF-QSO-PARTY

Die finale uitslae in die onderskeie kategorieë van die PEARS-HF-QSO-PARTY, wat op 9 Desember 2007 gehou is, is as volg:

BEGINNERS: 1ste ZU4CM, Christo Van Der Merwe 267 punte;
2de ZU2CS, Claire Scott 124 punte.

BEPERKTE: 1ste ZR6BM, Brendan Smith 70 punte;
2de ZR2VAN, Otto Van Rooyen 64 punte.

ONBEPERK: 1ste ZS6PJ, Peter Smith 64 punte;
2de ZS2AJ, Andre Mulder 49 punte;
3de ZS2OC, Ken Victor 43 punte.

DX : Geen inskrywings.

‘n Volledige lys van inskrywings met puntetellings is beskikbaar op die PEARS-webwerf nl. www.zs2pe.co.za.

Die Port Elizabeth amateurradiovereniging bedank almal wat aan die kompetisie deelgeneem het.

KLUBNUUS

KLAS B RAE IN KEMPTON PARK

Die Kempton Park Amateurradio Tegniese Vereniging bied die geleentheid vir die aflegging van ‘n Klas B eksamen op 21 Februarie 2008 aan. Die sluitingsdatum vir inskrywings is 31 Januarie. Vir vęrdere inligting, kontak Hannes, ZS6LW, by 073 180 3506.

BLOKHUISPROJEK

Die Sasolburg Radioklub, ZS4SRK, het met 'n idee vorendag gekom wat fokus kan plaas op die geskiedkundige blokhuise wat tydens die Anglo-Boere-oorlog gebruik was. Die idee is om aandag te trek na hierdie erfenisstukke en moontlik so die bewaring daarvan te verseker maar het insette en kommentaar van mede-amateurs nodig.

Besoek gerus die SARL se webblad by www.sarl.org.za/forum, volg die Algemene- en dan die Blokhuisskakel om jou insette te lewer.

Die Sasolburg Radioklub bedank u by voorbaat vir al u insette.

NUWE KLUBKOMITEE

Op die afgelope AJV van die Secunda Amateurradioklub (ZS6SRC) is die volgende bestuur verkies:
Voorsitter: Tom Groenewald, ZS6TMO;
Sekretaris: Lucas Swart, ZS6ACT;
Tesourier: Gert Botha ZS6GC;
Addisionele lid: Anna Groenewald.

Dank aan die uittredende komiteelede en sterkte aan die nuwe komitee.

HF-VOORTPLANTINGSVOORSPELLING

Hannes Coetzee, ZS6BZP, rapporteer dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak baie laag sal wees. Die verwagte geomagnetiese veld sal oor die algemeen stil wees. Die verwagte effektiewe sonvlektelling sal gedurende die komende week minder as 5 wees.

Die verwagte DX-toestande is goed vir die Noord-Oos- en Noord-Wes-paaie maar vrotterig vir die hoofsaaklik Noordelike rigtings. 15 m en 20 m is die beste keuse vir DX met moontlike 15 en 20 m-openinge vanaf 12:00 SAT na Indië. Daar is 'n moontlikheid van kort, flou 20 m-openinge na Australië vanaf ongeveer 06:00. Vanaf ongeveer 18:00 is daar moontlike 15 en 80 m-openinge na die VSA.

Na sononder lyk 10 MHz baie belowend vir die morsekode en digitale entoesiaste.

Saans is 80 m die beste keuse. Dit is nou as die donderstorms en staties vir jou 'n kans gaan gee. Onthou dat hierdie net 'n voorspelling is en dat HF jou altyd kan verras. Wie weet, dalk bring die nuwe jaar sakke vol kontakte? Skakel jou stel aan, luister en roep ook CQ om seker te maak dat jy deel van die opwinding is.

Besoek gerus www.spaceweather.co.za vir meer inligting.

DAGBOEK VAN GEBEURE

20 Januarie – Laaste dag van die 30 meter digitale aktiwiteit;
21 Januarie - Sluitingsdatum van SARL-HMO-bakenkompetisie;
25 tot 27 Januarie – PEARS Nasionale BHF/UH-kompetisie;
26 Januarie – BACAR-vergadering om 11:00 by NARS;
27 Januarie – Presidentsnet en Integnet;
31 Januarie – Sluitingsdatum vir inskrywings vir Kempton Park Klas B RAE;
9 en 10 Februarie – SARL HF-velddag;
16 Februarie – Sluitingsdatum vir nominasies vir SARL-toekennings;

SARLnuus nooi klubs en individue uit om nuusberigte wat vir radioamateurs en kortgolf luisteraars van belang is in te stuur. Indien moontlik, plaas nuusberigte in beide Afrikaans en Engels op www.sarl.org.za/newsinbox.asp nie later nie as die Donderdag wat die bulletindatum voorafgaan.

Die SARL nooi u ook om na die program Amateur Radio Mirror International, wat om 10:00 SAT op 145,750 MHz in die Pretoriagebied met herleidings op 7 082, 7 205 en 17 590 kHz, te luister. Vir oudiostrome en Echolink deur ZS6FCS, besoek www.sarl.org.za, klik op ARMI en volg die skakels. 'n Heruitsending vind Maandagaande om 21:00 SAT op 3 215 kHz plaas. Sentech borg die uitsendings op die nie-amateurfrekwensies.

U het geluister na 'n nuusbulletin van die Suid-Afrikaanse Radioliga wat deur George, ZS6NE, saamgestel is.

'n Voorspoedige week word aan almal toegewens, 73.

/EX


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003